Take-Two Interactive se Privaatheidsbeleid vir Kinders

Jongste weergawe: 15 Mei 2023

Take-Two en die Take-Two groep maatskappye (“Take-Two”, “ons”,ons” of “ons eie”), is verbind tot die beskerming van kinders se privaatheid. Take-Two bied ’n wye verskeidenheid produkte, dienste en webwerwe wat deur Take-Two-entiteite en -handelsmerke verskaf word en wat gelys word hier (“Dienste”). Sommige daarvan is vir volwassenes, maar ander mag moontlik vir kinders van belang wees. Hierdie Privaatheidsbeleid beskryf hoe ons kinders se persoonlike inligting hanteer in navolging van die toepaslike kinderprivaatheidswetgewing vir Dienste wat op kinders gerig is. Vir inligting oor hoe ons insamel, gebruik, openbaarmaak en persoonlike informasie in alle ander instellings beskerm, kyk asseblief na Take-Two se privaatheidsbeleid.

Hoe om Ons te Kontak

As u enige vrae het aangaande die praktyke wat in hierdie Beleid beskryf word, kontak asseblief die Administrateur van ons Privaatheidsbeleid by 646-536-2842; per epos by [email protected]; of per pos na Take-Two Interactive, Vir Aandag: Privacy Policy Administrator, 110 W 44th Street, New York, NY 10036 USA.

U kan ook ons of ons Databeskermingsbeampte kontak via die webvorm wat hier beskikbaar is.

Informasie wat ons insamel

Die tipes inligting wat ons insamel hang af van hoe kinders van ons Dienste gebruik maak. Kinders - en hul ouers - kies watter inligting om aan ons te verstrek, maar sommige kenmerke van die Dienste sal nie werk nie, en kan beperk wees indien sekere inligting ontbreek.

Rekening en Profiel Informasie

Ons mag ouers toelaat om rekeninge vir hulle kinders te skep. Wanneer ouers hierdie rekeninge skep samel ons inligting in as deel van die rekeningskeppingsproses. Byvoorbeeld, ons vra vir die kind se e-posadres, gebruikersID of vertoonnaam, streek en ouderdom. Ander rekening- of profiel inligting mag opsioneel wees, soos foto’s of avatars.

Spel Inligting

Wanneer kinders ons speletjies speel ontvang ons outomaties inligting omtrent hulle spel, insluitende spel-suksesse, tellings en prestasies, platform / toestel-inligting en soortgelyke inligting.

—Platform-, Spel en Sosiale Netwerk-Inligting

Kinders wat toestemming vanaf hul ouers ontvang het kan ’n Take-Two rekening verbind of koppel aan inligting van derdeparty platformrekeninge (bv. spelplatformrekeninge, spelnetwerk diensrekeninge of sosiale netwerk diensrekeninge). Ons mag inligting van gekoppelde derdepartyrekeninge insamel. Die derdeparty-platform mag gebruikers moontlik toelaat om te bepaal watter inligting met ons gedeel word. Ons is nie verantwoordelik vir die voorwaardes, beleide, openbaarmakings of aksies van enige derdeparty-platforms nie.

Aanlyn Speletjies en In-Spel Kletsery

Kinders wat toestemming vanaf hul ouers ontvang het, mag aan sekere vorme van aanlynspeletjies deelneem. Hierdie aanlynfasiliteite sluit multi-spelerspeletjies, ranglyste en toernooie sowel as ander aanlyn-spelgeleenthede in.

Ouers mag kies of kinders aan in-spel kletsery of die stuur van boodskappe mag deelneem. As hierdie fasiliteit geaktiveer is, samel ons die inhoud van daardie boodskappe of kletse in.

—IIn-Spel Aankope

Sommige van ons Dienste laat gebruikers toe om virtuele in-spel geld te verdien en te spandeer. As ’n kind ’n in-spel aankoop maak, samel ons inligting in wat met die aankoop verband hou, soos die virtuele geldeenheid wat gebruik is, verdien is of gekoop is, en die items wat aangekoop is. Ouers wat kinders toelaat om aankope met regte geld te maak, sal gevra word om sekere betalingsinligting (krediet / debietkaart-inligting) en die afleweringsadres te verskaf.

Inhoud deur Gebruikers Gegenereer

Kinders wat toestemming vanaf hul ouers ontvang het mag in-spel inhoud deel (bv. bykomstighede en kosmetiese middels). Hierdie skeppings kan in ’n kind se rekening gestoor en in ander spelkonfigurasies gebruik word.

Aanlyn en Toestel Inligting

Ons samel outomaties sekere inligting omtrent ’n kind se interaksies met ons in, insluitend web/applikasie se blaai-inligting wat met ’n IP-adres, toestel-ID, toesteltipe, sagteware en hardewarebesonderhede, taalinstellings, blaaiertipe en -weergawe en bedryfstelsel geassosieer word.

As ’n ouer kies om die Dienste toe te laat om liggingsinformasie in te samel mag ons ook presiese liggingsinformasie van die toestel wat deur die kind gebruik word om met ons te kommunikeer, insamel.

—Deurlopende Identifiseerders

Ons samel identifiseerders van gebruikers (kinders ingesluit) se toestelle in om ’n rekenaar, blaaier of toestel te help identifiseer. Ons maak gebruik van koekies, webbakens, Flash-koekies, Internet loglêers, sagteware ontwikkelingspakette en soortgelyke nasporingstegnologieë om die funksionaliteit van die Dienste wat vir kinders beskikbaar is, te verbeter en in stand te hou, om veiligheid te verhoog en bedrog te voorkom. Die onderafdeling Ouers se Keuses en Beheer afdeling verskaf verdere inligting omtrent ons gebruik van koekies en soortgelyke tegnologieë, en wat ouers kan doen om koekies te bestuur. Ouers kan ook die koekie-voorkeurstelling hulpmiddel gebruik, waar beskikbaar, of die Koekie Beleid wat by die Dienste vertoon word raadpleeg vir meer informasie.

IInligting vanaf Derdepartye

Ons ontvang ook inligting van ander individue wat ons Dienste gebruik. Dit mag inligting omtrent kinders wat toestemming het om plasings op ons boodskapborde, forums of kletskamers te maak insluit, en dit word vermeld in hierdie areas van ons Dienste. Ons mag ook inligting omtrent ’n kind ontvang van ’n persoon wat ’n direkte boodskap aan ons stuur, byvoorbeeld, rakende ’n beweerde nie-nakoming van ons Diensvoorwaardes.

Hoe Ons Inligting Gebruik

Ons gebruik die inligting wat ons omtrent kinders van binne Take-Two insamel vir verskeie doeleindes, insluitend tot:

  • Om sekere Dienste aan kinders beskikbaar te stel

  • Om produkbestellings en ander versoeke uit te voer

  • Om met ouers te kommunikeer en te reageer op ouers se vrae

  • Om ouers toe te laat om kinders se voorkeure en instellings te kies, insluitende skakeling met ander gebruikers en koppelings met derdeparty platform- en spelrekenings

  • Om tegniese en ander ondersteuning te bied

  • Om te verbeter en ons Dienste en gebruikers te beskerm

  • Om advertensies op die Dienste namens Take-Two of ons sakevennote te plaas

  • Om kinders te kontak met inligting en reklame-materiale

  • Om belonings, opnames, prystrekkings, kompetisies of ander bemarkingsaktiwiteite of geleenthede wat deur ons of ons sakevennote geborg of bestuur word te administreer

  • Om deel te neem aan ander verwerkings waarvan ons die ouer in kennis stel en wanneer die ouer toestemming vir sodanige verwerking gee

  • Soos deur wetgewing toegelaat

Wanneer Ons Inligting Deel

Soos hieronder uiteengesit, deel ons u inligting met:

  • Verskaffers wat rugsteun en ander dienste aan ons verskaf

  • Take-Two groepslede

  • Ander derdepartye (bv. vir gesamentlike aanbiedinge, regs- en veiligheidsdoeleindes, met betrekking tot die verkoop of oordrag van ’n besigheid of bate en ander doeleindes met u toestemming)

  • Ander gebruikers, soos wanneer ’n kind in oop groepe of geleenthede deelneem of wanneer inligting op ranglyste gepubliseer word

—Derdepartye

Ons deel u inligting met derdepartye soos in hierdie Privaatheidsbeleid vir Kinders uiteengesit, insluitend soos volg:

  • Samewerkende Verhoudings: Wanneer ons dienste of promosies aanbied in samewerking met ’n derdeparty wat die kind se inligting vir hul eie gebruik sal ontvang, sal ons die ouer inlig en toestemming verkry. 

  • Wetgewing en Veiligheid: Ons mag kinders se inligting deel indien dit deur wetgewing toegelaat of vereis word, byvoorbeeld om die veiligheid van ons Dienste te beskerm; om ’n ondersoek na ’n misdaad of bedreiging van gebruikers of die publiek se veiligheid te ondersteun; of om te voldoen aan geregtelike verrigtinge, ’n hofbevel of regsproses wat op Take-Two bedien is.  Ons mag ook kinders se inligting deel wanneer ons rede het om te glo dat dit nodig is om voorsorg te tref teen aanspreeklikheid, insluitend ons aanspreeklikheid ingevolge ’n ooreenkoms met ’n derdeparty.

  • Verkoop of Oordrag van Besigheid of Bates: Ons mag in die normale gang van ons besigheid bates aankoop of verkoop.  Ons mag inligting omtrent u openbaar maak en sodanige inligting aan ’n ander entiteit oordra as deel van ’n moontlike of daadwerklike verkryging of samesmelting van Take-Two of enige van ons bates. As ons ’n herstrukturêring, bankrotskap of soortgelyke aksies onderneem of teenstaan, mag sodanige inligting as ons bate beskou en aan derdepartye verkoop of oorgedra word.

  • Soos toegelaat deur ’n ouer: Soos toepaslik en met toestemming, mag ons kinders se inligting deel soos deur ’n ouer verstrek en toegelaat.

—Ander Gebruikers

As ’n ouer ’n kind toelaat om in oop groepe deel te neem, soos aanlyn-spelsessies en sosiale netwerkdienste, sal ons sekere inligting outomaties plaas, soos ’n gebruikersnaam of ID en spelstatistieke, binne die spel, op sosiale netwerkdienste, of op ons Dienste of op gespesialiseerde spelwerwe.  As ’n kind aan toernooie of ander aanlyn spelgeleenthede deelneem moet ons die kind se inligting openbaar plaas.

Ons publiseer spelborde en multi-speler wedstrydrekords wat inligting, gebaseer op die kind se gebruik van die Dienste bevat, soos ’n gebruikersnaam of -ID waar dit noodsaaklike komponente is van die Dienste wat ons aan kinders bied.  Soos in die geval van ander spelstatistiekdienste mag ’n kind se spelaktiwiteit, ranglyste en multi-speler wedstrydinligting ingebed in die Dienste of op derdeparty-webbladsye verskyn.

Sommige derdeparty-dienste laat gebruikers ook toe om inligting omtrent hul spelaktiwiteit op hul werwe te plaas om met ander te deel. As ’n ouer ’n kind toelaat om hierdie fasiliteite te gebruik sal die privaatheidsbeleide van daardie derdeparty-dienste die kind se aksies op daardie werwe en die inligting wat deur daardie dienste ingesamel word reguleer.

Ons kombineer die inligting wat ingesamel word via die Dienste wat aan kinders beskikbaar is en vertoon dit in die openbaar, insluitend deur ons Dienste, in ons speletjies of in multi-spelerportale. Byvoorbeeld, as ’n kind ’n spelplatformrekening aan ons koppel, mag ons die kind se in-spelprestasies en rekeningnaam vertoon.

Openbare Plasings

As ’n ouer fasiliteite aktiveer wat ’n kind toelaat om persoonlike inligting te deel, beeldmateriaal of video's te plaas, of om ander inhoud op openbare forums te verskaf soos op ’n boodskapbord, kletskamer, kommentaarveld of profielbladsy, kan ander persone daardie inligting sien, insamel en gebruik. As ’n kind se gebruikersnaam of -ID die kind se naam bevat, sal die kind se naam openbaar beskikbaar wees op ranglyste en elders soos beskryf in hierdie Privaatheidsbeleid vir Kinders. Gebruikers van sodanige openbare forums sal die kind kan identifiseer, die inligting kan gebruik om boodskappe aan die kind te stuur, of die beeldmateriaal, video's of inhoud wat die kind moontlik gedeel het kan kopieer. Daar is geen verwagting van privaatheid of vertroulikheid op enige van hierdie openbare forums nie.

Ouers se Keuses en Beheer

Ouers het sekere regte oor kinders se persoonlike inligting, insluitend die reg tot:

  • Om toegang tot, of ’n kopie van die kind se persoonlike inligting te bekom

  • Om uitwissing van die kind se persoonlike inligting te versoek

  • Om regstelling of wysiging van die kind se persoonlike inligting te versoek

  • Om ingelig te word oor die persoonlike inligting omtrent die kind wat ons insamel en/of verwerk, die bronne van persoonlike inligting en die derdepartye met wie die inligting gedeel is, of aan wie dit verkoop is en vir watter doeleindes

  • Om toestemming terug te trek waar die verwerking op toestemming gebaseer is

Ons bied verskeie opsies aan ouers om die kind se Dienste-rekening, kommunikasie van ons kant af, en ons gebruik van die kind se inligting te bestuur. Dit sluit in via die instellings in die kind se Dienste-rekening; epos uittekening en uitwissingsnutsgoed. ’n Ouer kan ook dataversoeke namens die kind rig hier. Ons sal alle redelike stappe neem om die ouer se identiteit te verifieer voordat ons op sulke versoeke reageer.

Verdere inligting oor die bestuur van u handelsmerk-spesifieke rekening en kommunikasie is beskikbaar hier.

—Diens Rekeninge

Ouers het die reg om hul kind se persoonlike inligting na te gaan en uit te vee. Ouers kan ons ook vra om die insameling en gebruik van hul kind se inligting te staak. Uitwissing beteken dat ’n kind se rekening onaktief sal word, of dat die kind toegang tot sommige of al ons Dienste sal verloor.

Ouers kan ons gebruik van kinders se persoonlike inligting en die kommunikasie wat hulle van ons ontvang beheer deur middel van die rekening, kommunikasie en privaatheidinstellings in die kind se rekening se oorsigbladsy.

Wysigings aan die Privaatheidsbeleid vir Kinders

Ons behou die reg voor om wysigings aan hierdie Privaatheidsbeleid vir Kinders te maak. Raadpleeg dit asseblief weer van tyd tot tyd om sodanige wysigings na te gaan. As ons enige ingrypende wysigings aan hierdie Privaatheidsbeleid vir Kinders aanbring sal ons die ouers op gepaste wyse in kennis stel en, waar van toepassing, addisionele keuses ten opsigte van sodanige wysigings gee.